Die Mangaung Metro Munisipaliteit se publieke swembaddens is nou 7 dae ‘n week oop vir die publiek.

Die waarnemende hoofbestuurder van maatskaplike ontwikkeling, Tokyo Masiza het verduidelik dat deel van die werk wat by die swembaddens gedoen moes word, die skoonmaak en verfraaiing in die areas, diens van die pompkamer en skoonmaak van die water insluit.

Die Heidedal swembad sowel as die Vrystaat en Maguang swembaddens het elk, daagliks 3 lewensredders aan diens.

Om ‘n veilige omgewing te verseker, word die instoot van ander swemmers, hardloop en alle glasitems in die swembadarea verbied.

Die swembaddens sal tot volgende jaar April vir die publiek oop wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×