Alle inwoners van die groter Bloemfontein-omgewing word gevra om waterbesparingsmaatreëls in werking te stel.

Die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) vra in ‘n kennisgewing dat inwoners moet help waar hulle kan, weens aanhoudende wateronderbrekings wat die suidelike deel van die stad affekteer.

Die kennisgewing verduidelik dit sal help om die watervoorraad in die Noordelike dele van die stad – en ander nie-geïntegreerde gebiede – te beveilig.

Die kennisgewing word uitgereik om water te bespaar vir belangrike plekke soos hospitale, skole en gesondheidsfasiliteite.

Verbruikers word versoek om watergebruik tot noodsaaklike huishoudelike- en sanitasiebehoeftes te beperk.

Hulle word ook versoek om versigtig te wees en enige lekke te rapporteer om vermorsing te minimaliseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×