Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, gaan die naweek sy eie politieke party stig. Netwerk24 berig voorts Maimane het gesê Suid-Afrika het verandering nodig, want die huidige politieke bestel werk nie vir gewone burgers nie. Volgens hom stig hy die party om die mag weer in gewone mense se hande te sit. Hy het gesê politieke partye in die land gebruik die mag tot hulle eie voordeel. Nadat Maimane in 2019 uit die DA bedank het, het hy gesê hy het geen plan om ‘n politieke party te stig nie. Hy het toe die burgerlike organisasie One South Africa Movement gestig wat ten doel het om politieke partye aanspreeklik te hou en om ‘n voorstander vir onafhanklike verkiesingskandidate te wees. Hy het gesê hierdie organisasie gaan voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×