Mmusi Maimane word vir naamskending gedagvaar

Vier voormalige DA lede dagvaar Mmusi Maimane, voormalige leier van die party, elkeen vir R1-miljoen vir naamskending.

Netwerk 24 berig dat Suzette Little, Shaun August, Greg Barnardo en Thulani Stemele, wat in Oktober 2018 uit die
Kaapstadse metroraad, asook die DA bedank het, verlede week hulle stukke by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien het.

Dit spruit voort uit Maimane se bewering, toe nog as DA leier, in ‘n nuusbrief, dat vyf raadslede, waaronder genoemde vier,
volgens ‘n verslag van die regsfirma Bowmans, by onreëlmatige tenders betrokke was.

Maimane is in November 2018 genader om skriftelik verskoning te vra vir die uitlatings.

Hy het dit egter geïgnoreer.

Maimane het alle versoeke om kommentaar na sy regsverteenwoordiger, Dale Schmidt, verwys.

Luister na potgooie hieronder