Daar word ‘n dringende beroep gedoen op Kapenaars, sowel as besoekers aan die Moederstad, om die robbe hier met rus te laat.

Dit het ‘n gebruik onder sekere inwoners geword om robbe mak te maak, en dan geld van toeriste te vra om foto’s saam met die robbe te neem.

Volgens EWN gaan die stad Kaapstad nou boetes van tot R3 000 vir hierdie onwettige praktyk uitreik.

Kim Krynauw, direkteur van Houtbaai se reddingsentrum vir robbe, sê mense moet ‘n afstand van minstens 20 tot 30 meter van robbe af hou, aangesien hulle byt.

Die versoeking moet weerstaan word om die diere te voer, met water te gooi, aan hulle te vat, of om hulle terug die see in te probeer help.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×