Moedertaal-onderrig verbeter leerlinge se akademiese prestasie, kognitiewe vermoëns asook die leerling-onderwyser verhouding, het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, tydens die departement van onderwys se taalbeleid-konferensie in Kempton Park gesê. Die fokus van die konferensie was om moedertaal-onderrig tot graad ses uit te brei. Sy het gesê die doel van die konferensie is om strategieë in veeltaligheid te ontwikkel terwyl bekwaamheid in Engels behou word. ‘n Loodsprogram in die Oos-Kaap het die belangrikheid van onderrig in ‘n moedertaal onderstreep, veral om komplekse konsepte te begryp. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×