Die munisipaliteit op George in die Wes-Kaap sê nooddienswerkers werk onder uiters moeilike omstandighede op soek na moontlike oorlewendes onder die puin van ‘n vierverdiepinggebou wat gistermiddag ineengestort het. Minstens vyf mense is dood en 24 is beseer in die ramp, waarvan die oorsaak nog onbekend is.

Die burgemeester, Leon van Wyk, sê aan SABC-nuus hulle hoop om die sowat 50 mense wat nog vermis word, so gou as moontlik te bereik. Van Wyk sê dit is tans ‘n tydrowende proses om die hope sementblokke op te sny en te verwyder om by die vasgekeerde werkers uit te kom. Van Wyk het vroeër gesê die oorsaak van die ramp en die presiese getal mense wat tydens die ongeluk op die bouperseel was, is nog nie bevestig nie. Gift of the Givers help ook met die soektog.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×