Moeletsi Mbeki, politieke ekonoom en skrywer, sê iets wat die ANC en die Nasionale Party, of NP, is gemeen het, is griewe. Mbeki het gister tydens Dialoog in Aksie in Randburg gepraat en gesê die NP was gegrief deur die Britte en die ANC deur apartheid. Hy het gesê griewe is ‘n magtige organiseerder maar ook ‘n gevaarlike een.

Dialoog in Aksie is ‘n inklusiewe netwerk van individue en organisasies wat positiewe verandering in Suid-Afrika wil meebring. Mbeki het bygevoeg griewe moet uit die land se kultuur en politiek gedryf word. Volgens hom kan ‘n mens die elite van die land in die FNB-stadion inpas. Dit is ook onwaar dat wit-monopolie-kapitaal Suid-Afrika beheer want daar is al meer as 55-duisend elite staatsamptenare wat meer as een-miljoen-rand per jaar verdien. Die swart middelklas leef van die staat af en het nie gevestigde belange om die produksie vermoë van Suid-Afrika te ontwikkel nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×