Mondelinge voorleggings in die parlement oor die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, ook bekend as die Bela-wetsontwerp, het gister voortgeduur.

Die hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysvakbond, SAOU, het ook sy voorlegging gister gedoen.

Hy het aan LP’s gesê dat die vetoreg aan hoofde van die Departement van Onderwys oor openbare skole se taal- en toelatingsbeleid heel moontlik in die howe betwis sal word.

Hy het gesê die beoogde vetoreg is onnodig en maak ongetwyfeld die deur oop dat dit in die hof getoets kan word.

Hy het reguit aan LP’s gesê dat veral Afrikaanse skole deur die uiters omstrede taal- en toelatingsvoorstelle geteiken word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×