Die Departement van Toerisme het 174-miljoen rand bestee om meer as tweeduisend Toerismemonitors by sleuteltoeriste-aantreklikhede regoor Suid-Afrika te ontplooi. Die departement sê in ‘n verklaring dit is om veiligheids- en sekuriteitsmaatreëls deur die polisie voor die feestyd aan te vul. Hierdie monitors sal by sleuteltoegangspunte, nasionale parke en ander toeriste-aantreklikhede regoor die land geplaas word. Die departement het in ‘n verklaring gesê Suid-Afrika is ‘n gewilde toeriste-bestemming alhoewel misdaad ‘n slegte realiteit geword het. BusinessTech berig die monitors sal ook die arm van die polisie versterk deur inligting oor misdaad deur te gee. Die monitors sal in alle SanParke wees en in al die provinsies. Die Vrystaat sal ook 150 monitors beskikbaar hê by sekere toeriste-bestemmings. Die gewildste park, Tafelberg, het sowat 80 gevalle sedert Augustus gehad waar toeriste aangeval en beroof is.