Moody’s glo daar sal geen groot verandering in Suid-Afrika se werkloosheidsyfer wees nie

Die graderingsagentskap Moody’s verwag nie ‘n groot verskil in Suid-Afrika se werkloosheidsyfers nie.

StatsSA maak vandag die resultate van die arbeidsmag-opname vir die tweede kwartaal bekend.

Die werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal van die jaar tot 30,1% toegeneem.

Die aantal mense wat werk, het in vyf van die nege provinsies afgeneem, met die grootste afname in die Vrystaat, Wes-Kaap en Limpopo.

Intussen glo Moody’s ook die land se ekonomiese herstel ná die koronavirus sal met ‘n aantal beperkings te doen kry.

Luister na potgooie hieronder