Die graderingsagentskap, Moody’s, sê Suid-Afrika se vooruitsigte bly stabiel ná vandeesweek se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring.

Moody’s gradeer Suid-Afrika se langtermyn buitelandse skuld met ‘n stabiele vooruitsig, wat hy definieer as ‘n aansienlike kredietrisiko.

Suid-Afrika se ekonomie sukkel weens die elektrisiteitskrisis, hoë misdaadsyfers, korrupsie en werkloosheid.

Beleggers het egter positief gereageer op die mini-begrotingstoespraak vroeër die week en die rand het teenoor die Amerikaanse dollar versterk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×