Eskom waarsku oor moontlike hervatting van kragonderbrekings op kort kennisgewing

In die jongste verwikkelinge in die Eskom-sage berig Netwerk24 dat daar nie net een hoë-profiel politikus by Eskom se korrupsie betrek word nie maar wel twee.  Volgens Netwerk24 word die ondersoek bemoeilik deur die feit dat hulle hul voetspore mooi toevee.  Die gesteelde geld word na bewering via vertouelinge en verlangse familie gestuur.  Andre’ de Ruyter, voormalige Eskom hoof het in ‘n onderhoud aan eNCA gesê dat hy ook bewus is van vier misdaadkartelle wat in Mpumalanga bedrywig is en hoofsaaklik verantwoordelik is vir steenkoolbedrog.  Die kartelle het ook bande met Mpumalanga se polisie daarom word spesialis eenhede van elders in die land gebruik om korrupsie te probeer stuit. Die kartelle ruil Eskom se hoë gehalte steenkool met swak gehalte steenkool wat skade aan Eskom se kragstasies doen, en verkoop dan die goeie gehalte steenkool elders of dit word uitgevoer.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×