Moontlike water-onderbreukings wag op die Mangaung metro weens ‘n gebarste pyplyn tussen Lieuwkop en die Brandkop Reservoir in Bloemfontein. Volgens ‘n verklaring wat deur Bloemwater uitgereik is, het die bars vandag plaasgevind en kan die Suide van Bloemfontein probleme met watertoevoer ondervind terwyl die pyp herstel word. Die voorgestelde hersteltyd vir die pyplyn is 36 ure, maar die kans bestaan dat dit eers teen Donderdag-aand herstel sal wees. Bloemwater sê egter tenkwaens met water sal na die geaffekteerde areas ontplooi word. Inwoners word gemaan om water spaarsaming te gebruik.
