Inwoners van die Mangaung Metro kan vanaf Woensdag weer waterprobleme ervaar weens ‘n geskeduleerde winterinstandhoudingsprogram van Bloemwater.

In ‘n verklaring deur die MMM sal die instandhouding Woensdag by die Welbedacht-aanleg vir ‘n tydperk van 36 uur gedoen word.

Dit is vir die skoonmaak van sedimentdamme en algemeen instandhouding van die eenheidsproses by Welbedacht-watersuiweringsaanleg.

Volgens die MMM sal daar geen voorsiening aan alle reservoirs binne die Welbedacht-stelsel gemaak kan word nie, wat kan lei tot water onderbrekings in verkeie Bloemfontein woonbuurte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×