Die 21-jarige student wat vir die Johannesburgse onderwyseres, Kirsten Kluyts, se moord in hegtenis geneem is, is nou ook van verkragting en roof met verswarende omstandighede aangekla. Die beskuldigde het gister in die Alexandra-landdroshof in Gauteng verskyn, waar hy vir borgtog sou aansoek doen, maar die saak is uitgestel. Netwerk 24 berig die 34-jarige Kluyts het op 29 Oktober aan ‘n pretdraf in die George Lea-park in Parkmore deelgeneem en het nie die uitklokstelsel gebruik nie. Haar liggaam is na ‘n soektog langs die drafroete gevind. Die beskuldigde is kort na die moord in hegtenis geneem nadat die polisie kringtelevisie-beeldmateriaal ontleed het. Die beskuldigde het ontken hy was by die moord betrokke maar hy was bang toe hy die wit vrou sien wat dood is. Hy het toe haar klere weggooi want sy vingerafdrukke was daarop. Die borgtogaansoek word Maandag hervat.