Moord en verkragting tel onder die vyf mees algemene oortredings waarvoor minderjariges in Suid-Afrika vervolg word.
779 van die 21 300 moorde wat tussen April 2019 en Maart 2020 aangemeld is, is gepleeg deur kinders van tussen 10 en 17 jaar oud. Verkragting was teen 22% die oorhoofse hoofaanklag teen verhoorafwagtende kinders.
Aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer het bygedra tot 16% van die totale aantal aanklagte teen verhoorafwagtende kinders, met moordaanklagte op 8%. Volgens ‘n senior projekkoördineerder vir die Sentrum vir Kinderreg se aan die Universiteit van Pretoria, Zita Hansungule, is een van die grootste faktore wat daartoe bydra dat kinders gewelddadig optree om self aan geweld blootgestel te word.