Moorde in die Vrystaat het in die derde kwartaal verlede jaar met ‘n angswekkende 13,2% toegeneem.

Gedurende die verslagperiode van Oktober tot Desember 2022, het pogings tot moord in die provinsie met 65,7% gestyg.

Die jongste misdaadstatistieke van die Suid-Afrikaanse polisiediens wat Vrydag bekend gemaak is wys dat daar 32 meer moorde gepleeg is as in die ooreenstemmende tydperk in 2021.

Verkragting het met 7,7% gestyg, terwyl alle seksuele misdrywe met 6,9% toegeneem het.

Ontvoerings in die Vrystaat toon ‘n massiewe styging van 115,6%, wat die aantal ontvoerings vir die verslagtydperk tot 166 te staan bring.

71 motorkapings is aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×