Die minister van polisie Bheki Celi het op ‘n parlementêre vraag van die VF-plus gesê dat moorde in Suid-Afrika drasties toeneem. Volgens Netwerk24 het Cele gemeld dat aangemelde moorde van die 2012/2013-boekjaar van 16213 gestyg het na 25181 vir die 2022/2023- boekjaar. In die algehele tydperk is 195 566 mense vermoor. Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF-Plus wou ook by Cele weet wat die ras, geslag en ouderdom van slagoffers is, maar volgens Cele is dit nie beskikbaar nie en sal eers ‘n deeglike ontleding van die dossiere vereis. Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het vroeër vanjaar ‘n studie bekend gemaak wat toon dat Suid-Afrika in 2022 met 44,66 moorde per 100-duisend mense die tweede meeste moorde per capita in die wereld gehad het.
