Die moordenaar van ‘n professor aan die Universiteit van Limpopo wat twee jaar gelede in Polokwane vermoor is, het geglimlag tydens sy vonnisoplegging.
Volgens ‘n Netwerk24-berig het regter Malose Monene in die hooggeregshof in Polokwane die beskuldigde, Immanuel Charles Maboko van Burgersfort, tot drie keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
Maboko het gekies om homself te verteenwoordig en het sy reg tot swye tydens die verhoor uitgeoefen.
Terwyl beeldmateriaal die hele skietvoorval vasgelê het, wou Maboko nie die motief vir die moord openbaar nie.
Verder is Maboko ook skuldig bevind aan twee moorde wat hy in April 2022 gepleeg het.
Die drie moorde is deur ballistiese toetse aan die vuurwapens gekoppel.