Die ANC wat in 1912 in Bloemfontein gestig is wil nou die kriteria vir sy lidmaatskap wysig. Moordenaars, verkragters, rowers en seksoortreders sal nie vir lidmaatskap van die ANC oorweeg word as dié party se nuwe voorgestelde wysigings aanvaar word nie. Sou die wysigings by die nasionale verkiesingskonferensie in Desember aanvaar word, sal ouers wat versuim om vir hul kinders te sorg, ook nie ʼn ANC-lid kan wees nie. ‘n Tweederdemeerderheid van die ANC moet die nuwe wysiging steun vir dit om in werking te tree. Die regerende party poog glo om sy openbare beeld deur die wysiging te verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×