Vier mans word van twee moorde aangekla ná die verdwyning van die joernalis Sibusiso Aserie Ndlovu en sy lewensmaat Zodwa Mdhluli.

Rosestad-nuus het vroeër berig die Pretoriase joernalis en sy lewensmaat het in Februarie vermis geraak.

LEES MEER: Nog drie vas na joernalis en lewensmaat verdwyn

Volgens Sowetan LIVE is moordklagte by hul saak gevoeg by die landdroshof in Mpumalanga, waar twee van die beskuldigdes nie vir borgtog aansoek gedoen het nie.

Een van hulle is reeds op parool vir gewapende roof en poging tot moord.

Die families glo die liggame wat in die veld gevind is, behoort aan hul geliefdes, hoewel DNS-bevestiging nog uitstaande is.

Adjunkminister Kenny Morolong sê die presidensie sal die families ondersteun en wil die polisiediens versoek om die DNS-proses te versnel sodat hulle afsluiting kan kry.

Die saak is tot 27 Mei uitgestel.

error: Inhoud is beskerm !!