Moordsaak van vermoorde Dewetsdorp vrou, tot Woensdag uitgestel

Drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die  64-jarige Iris Potgieter van Dewetsdorp het vlugtig in die Dewetsdorp-landdroshof in die Vrystaat verskyn. Die saak is tot Woensdag uitgestel sodat hul regsverteenwoordiging kan kry.  Inligting het aan die lig gekom dat een van die verdagtes Potgieter se werker is en die ander verdagte sy vriend. Potgieter is verlede Woensdag oorval toe sy haar werker en sy vriend se  televisiestel in die township gaan aflewer het.  Haar liggaam is kort daarna in ‘n veld naby die township gevind. Lede van die gemeenskap het vanoggend by die hof betoog en gevra dat die verdagtes borgtog geweier moet word.  ‘n roudiens vir Potgieter sal op 10 September in Bloemfontein gehou word.  

Luister na potgooie hieronder