‘n 47-jarige man is gister vir die skietdood van ‘n vrou in Kimberley in hegtenis geneem.

Luidens mediaberigte het familietwis moontlik daartoe aanleiding gegee dat die 43-jarige vrou eergister, helderoordag in Hoofweg in Kimberley doodgeskiet is.

Die verdagte is by ‘n huis in Beaconsfield vasgetrek. Die polisie het ook beslag gelê op ‘n vuurwapen wat vermoedelik vir die skietery gebruik is.

Die moordslagoffer het skietwonde aan haar kop en skouer opgedoen en het in die hospitaal aan haar wonde beswyk. ‘n Tienermeisie wat ten tyde van die voorval saam met die oorledene was, het geen beserings opgedoen nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×