’n 50-jarige man is enkele ure ná ’n vreedsame gemeenskapsmars na die Heidedal Polisiekantoor doodgeskiet.

Luidens ’n polisiemediaverklaring ondersoek die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Heidedal ’n moordsaak ná die skietvoorval wat in Dr Belcherstraat gebeur het.

Die mars na die polisiekantoor was om ’n memorandum oor dienslewering in te dien.

Ure later is skote gehoor.

Die 50-jarige man, Calvin Johnson, het ’n noodlottige skoot in die kop opgedoen.

Die polisie het twee vlugtende voertuie agternagesit en een aangekeer.

Drie mans is in hegtenis geneem, en ‘n vuurwapen wat in hulle besit gevind is is vir ballistiese toetse gestuur.

Die soektog na die tweede voertuig, ’n silwer luikrug, en die insittendes duur voort.

Die publiek word aangemoedig om nie die verdagtes te benader nie, aangesien hulle as gewapen en gevaarlik beskou word.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekspanleier, kaptein Jacques Wilson, kontak.

Anonieme inligting kan verskaf word by Crime Stop of deur die MySAPS-toep te gebruik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×