Mosambiek se Grondwetlike Raad, die land se hoogste hof, het die betwiste Oktober-verkiesingsuitslae bevestig, wat die regerende Frelimo-party se halfeeu-greep op mag verleng het.

Eyewittnes News berig die presidentskandidaat van die regerende party, Daniel Chapo, het 65% van die stemme behaal, wat minder as die aanvanklike resultate van byna 71% is. Die finale resultate volg op twee maande se straatbetogings waar meer as ‘n honderd mense oorlede is.

Spanning het reeds in die hoofstad Maputo toegneem met baie besighede wat gesluit is. Die hoofpaaie na die middestad is deur die polisie versper en toegang tot die presidensiële paleis en kantoor van die Grondwetlike Raad is gesluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×