Die gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange het Dinsdagmiddag aangekondig dat sy ondersoeke na Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid asook die LP’s Cedric Frolick, Mosebenzi Zwane en Winnie Ngwenya voltooi is. Die komitee het bevind die vier het nie die parlement se kode vir etiese gedrag en die etiekkode oortree nie. Netwerk 24 berig hulle is vier van verskeie ANC-hooggeplaastes wat voor die Zondo-kommissie getuig en in die finale verslag by staatskaping betrek is. Die komitee het bevind dat Zwane, ‘n voormalige LUR vir Landbou in die Vrystaat, reeds deur die parlement gestraf is weens sy destydse bande met die Guptas en die Vrede Suiwel-projek.     

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×