Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet het nog nie die mosie van die Israeliese ambassade in Suid-Afrika bespreek nie.

Die mosie sal skynbaar eers aandag kan geniet sodra die aanbevelings van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ontvang word. Volgens Ntshavheni sal Suid-Afrikaners in Israel steeds bygestaan word, ten spyte daarvan dat albei lande hulle diplomate vir konsultasie herroep het.

Sy sê mense word aangeraai om intussen met Dirco se skakelkantoor in verbinding te tree, of om buurlande vir bystand te nader.

error: Inhoud is beskerm !!