MOTO GP – Die afgelope naweek was die Moto GP in Spanje aangebied en die Suid Afrikaner Brad Binder het gewys wie is baas om die baan.
Hy het Saterdag die sprint race gewen na hy en spanmaat Jack Miller omtrent in ’n tweestryd gewikkel was vir die goue medalje.
Binder – bekend as “The Sunday Man” – het Sondag weereens bewys hoekom hy diè titel sy eie gemaak het. Hy het in die 4de plek weggetrek en uiteindelik 2de op die podium geëindig.
Binder beklee tans die 3de plek in die wereldkampioenskaps-reeks.
Die volgende resies word op 12 Mei in Frankryk gejaag.