MOTO GP – Dit was ook ’n goeie naweek vir Suid-Afrika in die Moto GP-reeks toe Brad Binder ‘n 2de plek behaal het in Thailand.
Binder wat vir Red Bull KTM jaag het slegs 0.993 sekondes agter die Spanjaard Jorge Martin van Pramac Ducati onder die geruite vlag deurgeflits terwyl Luca Marini van span Mooney Ducati VR46 die 3de plek ingeneem het.
Francesco Bagnaia beklee steeds die 1ste plek met 369 punte gevolg deur Martin en Marco Bezzecchi terwyl Binder 4de is met 233 punte.