Brad Binder van die Red Bull KTM span het goeie rekenskap van homself gegee in die Japanse GP en die sesde plek behaal.

Diè Suid-Afrikaner beklee tans die vyfde plek op die kampioenskaps-puntelys.

Die ren is deur Francesco Bagnaia van Ducati Lenovo gewen in ’n tyd van 42:09.79 met Jorge Martin en Marc Marquez in onderskeidelik die tweede en derde plekke.

Die volgende wedren is die Australiese Moto GP op 20 Oktober in Melbourne.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×