MOTO GP – S.A. se Moto GP ster Brad Binder het 8ste geëindig in die Franse Moto GP wat Sondagmiddag op Le Mans gejaag is.
Binder van Red Bull KTM het Vrydag 3 keer tydens kwalifisering met die teer kennis gemaak en heel agter weggespring maar kort daarna na die 15de plek opgeskuif.
Jorge Martin van span Pramac Ducati het die 1ste geëindig gevolg deur Ducati Lenocvo se Marc Márquez terwyl die wêreldkampioen Francesco Bagnaia die 3de plek op die podium ingeneem het.
*Die Moto GP-reeks se volgende ren is die Katalaanse GP wat 26 Mei op die Circuit de Catalunya gejaag word.