MOTO GP – Die lang verwagte 1ste Moto GP wedren wat in Kazakstan sou plaasvind is nou van die baan af.
Dit was geherskeduleer vir September weens die oorstromings en vloede in diè land maar sal nou plek moet maak vir die Emilia Romagna GP wat op die Misano-baan in Italië gejaag sal word.
Daar was sprake dat dit later vanjaar sou plaasvind in die plek van die Indiese GP wat na slegs een seisoen geskrap is maar weens die voortgesette werk op die Kazakstan baan is dit finaal van die hand gewys.
*Die wêreld se beste motorfiets-renjaers sal mekaar weer vroeg in Augustus die stryd aansê wanneer die seisoen by die Britse Moto GP hervat en diè ysterperde mekaar weer op Silverstone gaan opdreun.