Die MotoGP-wêreldkampioen, Jorge Martin, gaan waarskynlik nie sy kroon vanjaar kan verdedig nie.
Die Spanjaard het Woensdag in Maleisië gedurende die eerste dag van voorseisoense toetswedrenne van sy Aprilia-motorfiets afgeval en is ernstig beseer.
Martin is van sy fiets afgegooi om die tweede draai van die Sepang-baan en bene in sy regterhand en linkervoet gebreek met die 27-jarige wat na verwagting reeds Donderdag na Europa teruggekeer het vir die operasies.
Die eerste MotoGP-ren van die jaar sal op 2 Maart in Thailand plaasvind.