Die Spaanse motorfietsrenjaer van Aprilia Racing Jorge Martin gaan die naweek se eerste MotoGP-wedren van die nuwe seisoen misloop nadat hy tydens ’n oefensessie geval het.
Martin wat tans besig was om te herstel van ’n gru-ongeluk op die opengingsdag van die voorseisoense toetse het nou verskeie frakture in in sy linkerhand en ook in ’n onverwante voorval in sy hakskeen opgedoen.
Die Spanjaard het na die Aprilia-span geskuif in ’n multimiljoendollar-kontrak van twee jaar nadat hy die 2024-kampioenskap gewen het vir Pramac Ducati.
Die Italiaanse renjaer Lorenzo Savadori sal nou vir Martin in Thailand vervang.