Die Spaanse MotoGP-renjaer Jorge Martin het Sondag die ongeluk-geteisterde Indonesiese GP in Mandalika gewen.
Martin wat vir span Pramac Racing jaag van die wegspring tot die einde voor gejaag en sodoende sy derde oorwinning van die seisoen verseker.
Hy het sy voorsprong oor die verdedigende kampioen Francesco Bagnaia van Ducati tot 21 punte gerek.
Suid-Afrika se Brad Binder het in agste posisie geëindig.