Moto GP het aangekondig dat Pirelli vir Michelin sal vervang as sy eksklusiewe bandverskaffer.
Die motorfietsorganisasie het ‘n vyf jaar ooreenkoms onderteken wat van 2027 tot 2031 effektief sal wees.
Die verandering is belyn met MotoGP se verskuiwing na 850cc-motorfietse onder nuwe tegniese regulasies wat daarop gemik is om veiligheid te verbeter.
Pirelli wat reeds ‘n verskaffer vir Moto2 en Moto3 is verskaf ook bande vir Formule Een.