MOTO GP – Die 1000ste resies in Moto GP –   wat ook deur duisende gevolg is –  het ook heelwat aksie gister in Le Mans opgedis.

Marco Bezzecchi van die Mooney VR46 Racing span het sy 2de oorwinning van die seisoen behaal en ook sodoende landgenoot en voorloper in die kampioenskap Francesco Bagnaia se voorsprong na net 1 punt laat krimp.

Jorge Martin was 2de terwyl spanmaat Johann Zarco van Pramac Ducati die 3de plek op die podium ingeneem het.

Verskeie van die top jaers soos Marc Marquez , Luca Marini , Alex Marquez , Joan Mir en Alex Rins het ook geval wat hul deelname aan die GP kortgeknip het.  Francesco Bagnaia en Aprilia Factory se Maverick Vanales was ook in ’n onderonsie betrokke nadat diè twee renjaers se ysterpeRde teen mekaar geskuur en in die gruis beland het.

Vinales was briesend en het soos ’n kapokhaantjie aan Bagnaia rondgestamp waar diè twee ook na mekaar gemik het totdat beamptes diè manne van mekaar moes skei , hulle uiteindelik hand geskud het en saam op een fiets na die kuipe toe is.

Die Suid-Afrikaner Brad Binder was 6de terwyl Frankryk se 2021 wêreldkampioen Fabio Quartararo met ‘n 7de plek tevrEde moes wees.

Die volgende resies is die Italiaanse GP op 11 Junie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×