Die Automobiel Assosiasie, of AA, het motoriste, passasiers en voetgangers gemaan om waaksaam te wees gedurende die Desember vakansie wanneer verkeer gaan toeneem op veral nasionale paaie. Verkeer sal vanaf volgende week veral toeneem op die N3 vanaf Gauteng na KwaZulu-Natal en die N4 na Mpumalanga asook die N1 vanaf Johannesburg na Kaapstad. Die AA se Eleanor Mavimbela het aan SABC Nuus gesê ‘n goeie gesindheid is noodsaaklik en alhoewel wetstoepassers gaan toeneem op die paaie, dit steeds motoriste se verantwoordelikheid is om die padreëls te gehoorsaam. Verlede jaar is een-duisend-451 mense op die land se paaie in ongelukke dood. Die groot oorsake van padongelukke is spoed, nat paaie en voertuie wat by sperstrepe ander verkeer verbysteek. Groot getalle ongelukke vind plaas as gevolg van dronkbestuur. Willem Langenberg van ‘n paramedici-maatskappy het aan IOL gesê motoriste moet ook versigtig wees vir spykers en groot klippe in die pad asook groot objekte wat by brue na motoriste gegooi word om hulle tot stilstand te bring en te beroof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×