Swaar reën word van hierdie naweek oor groot dele van die binneland verwag.
Maroela Media berig die weerdiens sê ʼn 60%-kans op verspreide en ʼn 80%-kans op wydverspreide buie en donderbuie word Sondag oor die sentrale en oostelike dele van die land verwag. Dit sluit die Vrystaat, Noordwes, KwaZulu-Natal, die suide van Mpumalanga en Gauteng in.
Reën van 50 tot 70 mm kan in sommige gebiede uitsak.
Duisende mense keer oor die volgende paar dae huiswaarts ná die Kersvakansie en motoriste word gemaan om bedag te wees op padoorstromings, gladde padoppervlaktes en kitsoorstromings.
Die meeste donderbuie word tussen 18:00 en 01:00 verwag.
Die reën sal na verwagting Maandag uitbrei tot wydverspreide buie oor die sentrale en oostelike dele van die land. Ontwrigtende reën en oorstromings word plek-plek in dele van onder meer die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, en die westelike Bosveld van Limpopo verwag.