Motoriste in die Vrystaat moet versigtig wees vir mense wat hulle langs die pad as rylopers voordoen. Netwerk24 berig dit gebeur gereeld dat voertuie gekaap word deur juis dié mense, wat gewoonlik gewapen is. Verskeie voorvalle van hierdie aard is die laaste tyd aangemeld. Sersant Mahlomola Kareli, ‘n polisiewoordvoerder, waarsku óók teen ‘n groep gewapende mans wat veral vragmotors teiken. Hulle gebruik glo private voertuie met blou ligte en doen hulself as verkeersbeamptes voor. Wanneer die bestuurder stilhou word hy in die die skelms se voertuig gedwing terwyl hulle sy besittings buit. Hierna word sy hande vasgebind en word hy op ‘n verlate plek afgelaai. Verskeie voorvalle met hierdie modus operandi word tussen Sasolburg en koppies, tussen Welkom en Orkney en tussen Bloemfontein en Heuningspruit ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×