Die Automobiel Assosiasie (AA) sê Suid-Afrikaanse motoriste kan verwag om volgende maand meer geld by die pompe te spaar.
Die jongste data van die Sentrale Energiefonds toon ‘n aansienlike verlaging in petrol- en dieselpryse.
Beide grade petrol kan met tussen een-rand-vyf sent en een-rand-13 sent per liter daal, terwyl dieselpryse tot een-rand-12 sent per liter kan daal.
Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê hierdie geprojekteerde verlagings is te wyte aan die daling in oliepryse.