Motoriste sal nie net meer vir brandstof moet betaal nie, tolgelde styg ook

 Motoriste sal nie net meer vir brandstof moet betaal nie, tolgelde styg ook

Motoriste sal nie net van aanstaande week meer vir brandstof moet betaal nie.

Tolgelde styg ook van 1 Maart.

Fikile Mbalula, die minister van Vervoer, het die 2021-toltariewe goedgekeur soos voorgestel deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Sanral.

Die aanpassings is op 11 Februarie in die staatskoerant gepubliseer.

Die Automobiel Assosiasie se woordvoerder, Layton Beard, sê stygende internasionale oliepryse is die hoofrede vir nog brandstofprysverhogings aanstaande week.

LeandreAdmin@