Motoriste mag hierdie maand dieper in hul sakke moet delf om hul tenks vol te maak.
Eyewitness News berig onafhanklike brandstofdata van die Sentrale Energie Fonds dui op ’n moontlike verhoging vir alle brandstofgrade in November.
Volgens die data sal 93- en 95-ongelode petrol waarskynlik met onderskeidelik 14 en 25 sent per liter styg.
Dieselpryse word ook verwag om met sowat 22 sent per liter te verhoog.
Die Motorvereniging Woordvoerder Eleanor Mavimbela sê verskeie faktore het tot die verwagte verhogings bygedra.
Die gemiddelde wisselkoers van die rand teenoor die Amerikaanse dollar dra ook by, maar op ’n kleiner skaal tot die verwagte verhogings.