Die Padverkeersbestuurskorporasie, of RTMC, het gesê dit gaan nou beide korrupte verkeersbeamptes en die motoriste wat hulle omkoopgeld betaal, in hegtenis neem. Die agentskap het gewaarsku dat motoriste ook medepligtiges word sodra hulle instem om omkoopgeld te betaal. Boonop het die RTMC bevestig dat sewe verkeersbeamptes verlede week vir korrupsie in Kwazulu-Natal tydens ‘n operasie in hegtenis geneem is. Die hoof uitvoerende beampte van die RTMS, Makhosini Msibi, sê hulle sal na verwagting almal binnekort in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×