Een van SA se grootste motoronderdele-handelaars hoop dat vrywillige sakeredding die sleutlel is wat sal help om sy deure oop te hou. AutoZone reken die maatskappy staan ‘n goeie kans om deur die proses gered te word. Dion de Graaff, uitvoerende hoof van AutoZone, sê die besluit is geneem aangesien dit waarskynlik onmoontlik sou wees om skuldeiesers oor die volgende ses maande heen te lawe.
Daar is egter in hierdie stadium geen sprake van likwisasie van AutoZone Holdings nie. Voorts sê De Graaff aan Moneweb dat die maatskappy nie tans party is tot enige groot regsgedinge nie. Die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom, het AutoZone se sakereddingsaansoek bevestig.