Motoronderdeelvervaardigers het kommer uitgespreek oor die impak van die sluiting van ArcelorMittal Suid-Afrika, of AMSA, se langstaalaanlegte op die plaaslike motorbedryf.
SABC-nuus berig dié sektor is ‘n hoeksteen van Suid-Afrika se ekonomie, en die sluiting van AMSA se aanleg by Newcastle in KwaZulu-Natal, sal na verwagting veral ‘n groot impak hê.
Die Newcastle-aanleg is geskeduleer om einde vandeesmaand gesluit te word. Die uitvoerende direkteur van Naacam, die vereniging van motoronderdelevervaardigers verteenwoordig, sê dit sal ‘n veelvoudige impak op die vervaardigingsektor hê.