MOTORSPORT: Alex Albon het sy langtermyntoekoms by Williams bevestig na ‘n meerjarige kontrakuitbreiding met die Britse Formule Eenspan.

Die Thaise renjaer is met Mercedes verbind na Lewis Hamilton se skuif na Ferrari vir 2025 asook ‘n moontlike terugkeer na Red Bull.

Albon het 27 van Williams se 28 punte gewen in die 2023 bestuurderskampioenskap met die span wat ook 7de geëindig het in die Vervaardigerskampioenskap wat ook hulle beste plasing was sedert 2017.

Met 6 wedrenne reeds agter die rug moet Albon egter nog punte aanteken in dié seisoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×