MOTORSPORT: Die Spaanse Formule Een Grand Prix gaan Sondag duisend lede…

 MOTORSPORT: Die Spaanse Formule Een Grand Prix gaan Sondag duisend lede…

Die Spaanse Formule Een Grand Prix gaan Sondag duisend lede van die Catalunya-renbaan in Barcelona toelaat om die geleentheid by te woon nadat die land sy coronavirus-maatreëls verslap het.

Die wedren is die vierde op vanjaar se Formule Een-kalender en ‘n tuisren vir Carlos Sainz van Ferrari en Fernando Alonso van Alpine.

Die aankondiging volg nadat die organiseerders aanvanklik gesê het dat geen toeskouers toegelaat sal word nie.

Luidens berigte het die Spaanse regering Maandag aangekondig dat duisend mense voortaan buiteluggeleenthede met toegewysde sitplekke mag bywoon.

Die Catalunya-baan het aansienlik meer as duisend lede, maar die bestuur sal slegs duisend mense se name trek wat dit mag bywoon.

Armando