MOTORSPORT – Ferrari se fabriekspan het vir ‘n 2de agtereenvolgende jaar die Le Mans – uithouwedren oor 24 uur gewen na ’n opwindende stryd met Toyota.
Nicklas Nielsen se petrolliggie het al aangekom toe diè Deen oor die eindstreep in sy Ferrari 499P-hipermotor verbygeskuur het ten aansporing van sy Italiaanse en Spaanse kollegas Antonio Fuoco en Miguel Molina.
Die Toyota span met die Argentyn Josè Maria-Lopez in die GR010-hibriede vuurwa en sy renmaats Kamui Kobayashi van Japan en Nederlander Nyck de Vries was 2de slegs 14.22 sekondes agter die wenners.
*Dit was ook die 1ste keer in 30 jaar dat diè wedren 9 verskillende vervaardigers gelok het met 62 renmotors wat die 311 rondtes met ’n totale afstand van 4238 km aangedurf het.